As deel van hul lentefondsinsameling, bied die NG Kerk Kemptonpark-Noord ‘n sestigersete en geselligheid aan in die kerksaal by Highveldweg 99 om 6.30nm vir 7nm op Vrydag, 28 Augustus.
‘n Ete bestaande uit ‘n keuse van “pie & gravy” of ‘n “hotdog” kan afgesluk word met ‘n lekker “milkshake” of vrugtesap. Die musiek, samesyn en atmosfeer gaan jou laat terugverlang na die goeie ou dae van Rock & Roll, Brylcream, wit sokkies, crympelene rokke, stove pipes, ens.
Dit kos R25 per persoon, wat basiese kostes sal dek. ‘ n Vrywillige bydrae ter ondersteuning van gemeente-aktiwiteite sal waardeer word.
Vir voorafbespreking, skakel Janet Kunniger by 083-265-1123 voor 25 Augustus.
