NewsSchools

Jakkers leer drie goue reëls

Daar is drie reëls wat hulle moet onthou

VIR hulle goeie gedrag en harde werk het die Jakkerpersoneel besluit om Laerskool Impala se Jakkertjies te beloon met ’n verrassingskuier deur die brandweer.

Op 12 Augustus het die brandweer met skreeuende sirenes opgedaag en die opgewonde leerders kon nie wag om te sien wat die brandweer-oom vir hulle gaan leer nie.

Juffrou Izelle moes hoeka ’n brandweerpak aantrek, kompleet met oorpak, bril, mus en hoed! Juffrou Bernice en Juffrou Zurika is ook nie gespaar nie, maar het weggekom deur net die jasse, hoede en brille aan te sit.

Die brandweer-oom het vir hulle op ’n komiese en praktiese wyse dié drie goue reëls verduidelik:

1. Moenie met vuurhoutjies speel nie

2. In geval van ’n brand – stop, val en rol

3. Plaas brandwonde onmiddellik onder lopende water

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button