Allenpark vier hul oudstes se verjaarsdae
Die oudste inwoner is tannie Raaitjie wat vanjaar 99 jaar oud is
INWONERS en werkers van Allen Park wat 90-jaar en ouer is, het op 13 Augustus ’n groot partytjie gehou om hierdie mylpaal te vier.
NG Mooifontein se ds. De Beer het die opening behartig en die gemeente se dames het vir die inwoners bederf met liplekker gebak wat kolwyntjies, koeksisters, piesangbrood, vinger happies en koek ingesluit het. Tee en koffie is ook bedien.
“Ek en Robert Fourie, ’n inwoner, het eendag gesit en gesels oor hoe wonderlik dit is dat ons so baie mensies het wat ouer is as 90-jaar en ons het besluit dat ons van hierdie jaar af dit wil tradisie maak om die verjaarsdae te vier van al die ooms en tannies wat deur die jaar verjaar en ouer as 90-jaar is,” sê Sarie Scheepers, die leefstyl bestuurskonsultant van Allen Park.
Die oudste inwoner is tannie Raaitjie wat vanjaar 99-jaar oud is.
