Local newsNews

Winter-kersfees initiatief skenk aan Herfsland

Die winter-kersfees het 56 komberse ingesamel vir die inwoners van Herfsland

OP 23 Julie, vir die vyfde agtereenvolgende jaar, het ’n groep besorgde burgers ’n vroeë winter-kersfees as fondsinsameling gehou vir Herfsland.

“Die initiatief het begin by Louwrens Gildenhuys, waar ons tien tafels van tien mense elk verkoop teen R130 per persoon en dan hou ons ’n lekker gesellige ete en kuier in Hoërskool Kempton Park se restaurant. Ons het ook hierdie jaar gevra dat elke persoon ’n kombersie saambring en dit het dan saam met die geld wat ons ingesamel het na Herfsland toe gegaan,” sê Erna Fourie, ’n lid van die winter kersfees initiatief. 56 komberse is ingesamel vir die inwoners van Herfsland.

Daar is ook geskenke onder ’n kersboom geplaas waarop die lede kon bie, sodoende gaan die gelde wat ingesamel is van die kaartjie verkope asook die geskenke na Herfsland.

“Ons is verskriklik opgewonde oor hierdie donasies en sê baie dankie aan almal wat deel was van hierdie wonderlike initiatief, die fondse gaan vir inwoners wat nie kan betaal nie. Ons kort maandeliks tussen R40 000 en R45 000 om die inwoners te subsidieer,” sê Johannie Louw van Herfsland.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button