CrimeNews

Tref-en-trap ongeluk in Elginweg

“Die kar wat haar getref het moes definitief die robot gespring het en toe tref hy haar”

CHRISTINE Oberholzer (58) was Woendagoggend na Tembisa Hospitaal geneem met ligte beserings nadat sy die slagoffer van ’n tref-en-trap ongeluk was op die hoek van Elginweg en Mooirivier rylaan in Birchleigh.

Sy was oppad na die Glen Acres Spar waar sy werk toe die voertuig haar getref het.

“My suster het my ongeveer 6.30vm gebel en gevra ek moet haar asb kom help want ’n kar het haar nou net omgery, ek was in skok en het dadelik die Netcare 24-noodlyn gebel,” vertel Marie Coetzee.

Also read:

• Bestuurder gee homself oor na noodlottige tref-en-trap in Bredell

• Hit-and-run accident outside Kempies: gran expresses disgust

Oberholzer het met ’n taxi gery vanaf haar huis in Birch Acres tot by die vier-rigting robot bo in Mooirivier rylaan, die taxi het ’n u-draai gemaak en haar langs die aankomende baan van die pad afgelaai. Sy het oor die pad geloop in Elginweg se rigting.

“Sy het vir my gesê dit het alles so vinnig gebeur, maar die kar wat haar getref het moes definitief die robot gespring het en toe tref hy haar toe sy oor die pad stap. Sy het gesê toe sy agterkom wat gebeur het wou sy opstaan maar sy kon nie, sy het haarself gesleep tot op die sypaadjie,” verduidelik Coetzee.

Oberholzer het beentjies in haar voet gebreek, maar gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie. Coetzee het gesê dat hul nog wag vir terugvoer van die ortopeed by Tembisa Hospitaal.

“Ons sal nog ’n saak gaan oopmaak by die polisiestasie, maar vir nou is ek net bly my suster is stabiel en dit was nie erger nie,” sê Coetzee.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button