Local newsNews

Helpende Hand leer vroue decoupage

Klere en skryfbehoeftes was ook beskikbaar gestel.

’n DECOUPAGE werkswinkel is deur Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark, by Pomona Kids Party Land, aangebied op 8 Augustus.

Ter ere van Vrouedag het meer as 30 vroue handsakke propvol kosmetiese produkte ontvang. Heerlike potjiekos, kunstige kreatiwiteit en interessante geselskap het vir ’n ontspannende middag gesorg.

“Die jaarlikse vrouedag funksie is ’n geleentheid om mammas bietjie te bederf en die belangrike rol van ’n vrou in die gemeenskap te beklemtoon,” sê Helpende Hand takvoorsitter, Ella Pieterse.

Lees ook:

• Solidariteit Helpende Hand deel skooltassies uit

• Solidariteit besoek Allenpark

Die jongklomp het hul ma’s ’n blaaskans gegee terwyl hul in spanne ’n hindernisbaan probeer baasraak het. “Met hierdie pret wou ons spangees en spanwerk aanmoedig onder die jonges,” sê die tak se jeugleier, Liza Smith.

Klere en skryfbehoeftes was ook beskikbaar gestel.

Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark bedank graag almal wat kosmetiese produkte, handsakke, klere en kos bygedra het sowel as al die vrywilligers wat op die dag uitgehelp het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button