
DIE Rheinberger Kamerkoor het ‘n baie geseënde koorjaar beleef en het weer aan die ATKV Animato Internasionale Koorkompetisie deelgeneem.
Tydens die uitdunne gedurende Augustus het die koor deurgedring na die finale kompetisie wat op 4 Oktober in die Brooklyn-teater in Pretoria gehou word. Die koor het aan verskeie konserte, kerkoptredes en koorfeeste deelgeneem en bereik nou weer die einde van die jaar.
Dit is ook nou die tyd vir oudisies vir die 2016 koor en enigiemand wat belangstel is welkom om ‘n afspraak te maak.
Die oudisies is op Woensdagaande 9 en 16 September by die NG Gemeente Kempton-Kruin vanaf 6nm tot 8nm.
Skakel Maralie Theron by 083-226-1886.
