Kerk se kindernaweek is weer om die draai
Die naweek skop die Vrydagaand af met 'n lofprysingsoptrede deur Nedine Blom
DIE Kinderbediening van die NG Gemeente Kempton-Kruin bied weer sy jaarlikse kindernaweek van 18-20 September gratis vir alle kinders (4-13 jaar) aan.
Die tema vir vanjaar se kindernaweek is “Amazing” Reis!”.
Met hierdie tema gaan daar gefokus word op die geloofsreis wat kinders saam met Jesus in hul lewe het. In Lukas 9: 51 lees ons: “Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin.”
Jesus het na hierdie wêreld gekom om ’n baie belangrike reis te voltooi – die reis na Golgota. Jesus neem mense saam op sy reis. Vandag nog is ons deel van Sy reis.
Die doelstellings van dié tema is: help kinders om te identifiseer met die reis van Jesus op aarde; leer kinders dat ons almal deel is van Jesus se reis en dat Hy vandag steeds besig is om die aarde te werk; leer kinders die betekenis daarvan saam met Jesus – as jou persoonlike Verlosser – deur die lewe te reis; leer kinders dat die reis saam met Jesus wonderlik (amazing) is.
Deur die aanbieding van die kindernaweek word daar gefokus op: die begeleiding van kinders tot bekering en geloofsekerheid; die aanspreek van die geestelike nood van kinders; fokus op gebed en kinders se verhouding met Jesus Christus.
Alle kinders in die gemeenskap is welkom om die gratis naweek by te woon.
Die naweek skop die Vrydagaand af met ‘n lofprysingsoptrede deur Nedine Blom. Kinders wat vir die naweek registreer woon die optrede gratis by en kry ook ‘n worsbroodjie en koeldrank/koffie.
Ouers en kinders wat nie die kindernaweek bywoon nie, kan die optrede bywoon teen R80, wat ook ‘n worsbroodjie en koeldrank/koffie insluit.
Vrydagaand word daar by die kerk uitgekamp. Bring julle eie tente of karavane of kamp uit in die tentlokaal of huis. Bespreek vooraf jou kampplek. Ouers moet kinders by die kamp vergesel.
Die Saterdag word die Springbokke se eerste Wêreldbekerwedstryd teen Japan om 6nm uitgesaai. Vure sal beskikbaar wees vir ‘n bring-en-braai na die wedstryd.
Tydens die kindernaweek word daar ook aan die ouers ? dissipelskapkursus aangebied. Vir meer inligting, skakel Francois en Martie Haasbroek by 083-575-9999.
Inskrywings
Betaal ‘n R70 deposito voor/op 11 September by die Kempton-Kruin kerkkantoor om jou plek te verseker. Deposito’s kan Saterdagoggend weer teruggekry word of kan as donasie geskenk word.
Registrasie vind plaas op, Vrydag 18 September van 4.30nm tot 6nm by die kerk in Fiskaalstraat.
Vir meer Inligting, skakel die kerkkantoor by 011-391-8183 of 011-391-1343.
