Local newsNews

Man toer in 10 dae 9 500km oor die land vir Bybels

'Dankie meneer, nou het ek ook ’n Bybel van my eie'

JOHAN Kroep het op 25 Augustus ’n toer begin waar hy vir 10 dae bykans 9 500km in sy Suzuki Jimny gery en meer as 200 Bybels uitgedeel het in afgeleë dorpe regoor die land.

Kroep het die toer self gefinansier en het die Bybels ook uit sy eie sak gekoop.

Lees ook:

Off to Angola to deliver just one Bible

“My reis het begin toe ek Noord-Kaap toe getoer het om die bekende wêreld-lan spoedrekordhouer, Andy Green, sterkte toe te wens met sy nuwe aanslag by Hakskeen Pan. Nadat ek klaar ’n draai daar gemaak het, het ek daar en dan besluit om die land vol te reis en Bybels uit te deel op afgeleë plekke,” vertel Kroep.

Kroep het vanaf Hakskeen Pan na Riemvasmaak gereis, al langs die Augrabiese Waterval en Oranjerivier deur die Richtersveld tot in Port Nolloth. Daarna is hy strandlangs af met die Weskus tot by Hondeklipbaai en terug binneland toe deur die Namakwaland Nasionale Park – van Garies het hy suid beweeg tot by Citrusdal en Kleinmond.

Kroep is deur Cape Agulhas, Swellendam en het ook die Route 62 tot in Oudtshoorn gedoen en van daar af weer noord tot by die Kango-grotte Bybels uitgedeel. “Ek het self Die Hel gaan ry in Gamkaskloof en van daar af terug Grootbrakrivier toe, al met die kus langs Richardsbaai toe, deur Piet Retief en toe terug huis toe na Kemptonpark.”

Kroep het ongeveer 12-14 ure per dag op die pad spandeer.

“Die hoogtepunt van die hele toer was toe ek vir ‘n toergids in die Kango-grotte ’n Bybel kon gee en haar woorde was, ‘Dankie, meneer nou het ek ook ’n Bybel van my eie’. Ek skat dié vrou was in haar dertigs. Ek het die hele toer kaalvoet aangedurf, aangesien daar in die Jimny nie plek vir Bybels en skoene was nie,” sê Kroep.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button