Local newsNews

Gesprek oor genadedood by plaaslike kerk

Die koste R50 as donasie en gratis vir pensioenarisse

Die Diensgroep Leer en Aktuele Sake bied op 12 September vanaf 9vm tot 12nm ‘n gesprek oor genadedood aan.

Dit is gespreksvoering oor die opvattinge rondom genadedood wat tans prominent in die nuus is.

Sommige medici praat eerder van pynverligting en dit handel oor die etiese en praktiese implikasies van sodanige optrede en die gevolge vir die persoon en gesin/gemeenskap.

Die sprekers is prof Etienne de Villiers van TUKS teologie, prof Dawie de Villiers van UJ se Departement Regte, dr Hitchcock as mediese dokter ‘n lidmaat, Flip Froneman (paneelbespreking).

Die geleentheid vind plaas by die NG Gemeente Kempton-Kruin en koffie en beskuit word vooraf bedien. Ligte verversings sal na afloop van die gesprek beskikbaar wees.

Die koste R50 as donasie en gratis vir pensioenarisse.

Vir meer besonderhede, skakel dr Bertus Koorts by 082-857-0060 of 011-975 8220.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button