Local newsNews

Waar om met ‘n stamboom te begin

'n Beginnerkursus word binnekort weer aangebied

IS jy jonk, is jy te besig om in jou oorsprong belang te stel?

Sommiges sê selfs dat hulle nie in die “dooies” belangstel nie. Maar wanneer jy ouer raak of net nadat jou grootjies of ouers oorlede is, is jy spyt dat jy nie betyds uitgevind het wat jou gesin/familie se geskiedenis is nie.

Dit werk nog altyd so en daarom is daar ook altyd weer belangstellendes wat nou net sover gekom het nadat ‘n boks ou foto’s of familiebybel hul belangstelling geprikkel het.

In Kemptonpark bestaan ‘n stokperdjiegroep wat tweemaandeliks bymekaar kom om mekaar te ondersteun en raad te gee hoe om verlore feite weer op te diep.

Met die ondersteuning van die Vriende van die Kempton Park Biblioteke bied hulle jaarliks ‘n kursus vir beginners aan, “Waar om met jou stamboom te begin.” Dit word deur ervare lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) aangebied.

Dié kursus word weer op 26 September in die ouditorium van Birchleigh-Noordbiblioteek in Mooifonteinlaan vanaf 12.30nm aangebied. Toegang is R50 en lede van die Vriende van die

Kempton Park Biblioteke kry afslag.

Dit is terselfdertyd ‘n fondsinsamelingpoging van die Vriende.

Daar sal geleentheid wees om jou eie vorms in te vul. Blankovorms sal uitgedeel word. Bring soveel data soos volle name, datums van geboorte, huwelik en afsterwe van gesinslede saam. Moenie bekommer oor al die feite wat ontbreek nie. Aanbieders sal jou vertel hoe om ‘n paar van hulle weer uit te grawe. Bring ook ‘n pen en potlood met ‘n uitveër saam.

Ligte versnaperings vir middagete is by die prys ingesluit. Verwag egter eers om teen 16:4nm die huis te wees.

Vir meer inligting, skakel Wanda Minnaar by 011-972-2711 of 083-289-6190.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button