Helpende Hand loods Biblioteek-op-Wiele
Almal wat boeke aan die tak wil skenk word uitgenooi om 'n e-pos te stuur

Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark het ‘n nuwe projek geloots, Biblioteek-op-Wiele, wat onlangs Engelse kinderboeke aan NerdAfrica geskenk het.
“Hierdie projek is daarop gemik om nuwe leesstof na ouetehuise in die Kemptonpark en omliggende areas te neem,”
verduidelik Riana Swanepoel, die projekleier.
”Die Engelse kinderboeke wat ons ontvang het, het ons goed gedink om aan NerdAfrica, ‘n organisasie wat saam met die Department van Onderwys biblioteke in afgelee dorpe bou en boeke aan biblioteke in veral Limpopo verskaf, te skenk,” vertel Swanepoel.
“Biblioteek-op-Wiele het nou ‘n uitruil vennootskap met NerdAfrica, waar ons weer Afrikaanse boeke, vir verskeie projekte, van hulle af ontvang.”
Almal wat boeke aan die tak wil skenk word uitgenooi om ‘n e-pos te stuur na shhkempton@gmail.com.
