DIE leerlinge het spesiale toekennings ontvang. Voor: Sarel Erasmus, Tracey Lee Booyens, Damion Stols, Andrea Buys, Caresa Cloete en Duan Denner. Agter: Judy Oberholzer (MCS), Hester van der Westhuizen (MCS) en Nadine Vorster.
VAN ‘n klein begin het Kemptonpark Kunswedstrydverening, wat vanjaar sy 40ste bestaansjaar vier, tot 9 790 deelnemers in 2015 gegroei.
‘n Totaal van 64 kleuterskole en skole, 31 drama-, musiek- en kunsskole en 74 privaat affiliasies het hierdie jaar aan die kunswedstryd deelgeneem.
Op Donderdag, 1 Oktober is die afdelingswenners, tweetaligheidswenners en veelsydigheidswenners aangekondig. Dit is die hoogste toekennings wat jaarliks deur die kunswedstrydvereniging gemaak word.
Leerders van verskeie skole is tydens dié geleentheid vereer.
Die vereniging bedank al die ouers en afrigters wat hierdie deelnemers ondersteun en die span vrywilligers wat dit moontlik gemaak het.
Volledige inligting oor toekennings is beskikbaar op webtuiste www.kempkuns.co.za
DIE hoërskoolleerlinge wat met groot toekennings spog. Voor: Nathalie Franck, Chané van Niekerk en Duan Denner. Tweede ry: Nadine Vorster, Caitlin Slawson en Stephan Nell. Derde ry: Michael Lovemore, Bothlale Modisaotsile en Tracey Lee Booyens. Agter: Katlego Motshweneng, Andrew Grobler en Ané Botha. Afwesig: Alwyn Potgieter, Martin Els, Marli Uys en Tayla Jacobs.
DIE laerskoolleerlinge het toekennings ontvang. Voor: Nika Kruger, Andrea Buys, Leo de Bruyn, Alexia Brits, Sonja Posthumus, Kiara Pelser, Reese Zeuner en Lisa Minnaar. Tweede ry: Heinz Zeuner, Christan Botha, Megan Smith, Jane Kloppers, Helen Peach, Amoré Ludik en Lara Engelbrecht. Derde ry: Anro Vorster, Savannah Jacobson, Damion Stols, Sarel Erasmus en Xantus Matthee. Agter: Zianci van Zyl, Nacé van Wyk, Luhandré Ludik, Shenelee de Lange en Cobus du Toit. Afwesig: Leandry Smith, Kaylee Rogers
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!