VIDEO: Sonja Heroldt kuier in Kempton
Die dag was gereël met die hulp van Freddie Esterhuizen en die eienaars van Boere Sjabi Sjik, Tania Krige en Drienie von Wielligh.
DIE sprankelende sangeres, Sonja Herholdt, met treffers soos Jantjie en Harlekyn het op 14 Oktober by die Boere Sjabi Sjik koffiewinkel se dames tee opgetree.
Freddie Esterhuizen en die eienaars van Boere Sjabi Sjik by Monumentweg 229, Tania Krige en Drienie von Wielligh, het die dames tee gereël.
Dit was nie net ’n dag van musiek en samesang nie, maar ook ’n geleentheid vir die dames om geinspireer en gemotiveer te word deur Sonja. “My grootste boodskap aan alle vroue is, maak tyd vir jouself en bou aan jou selfwaarde want jy as vrou is liefde,” het Sonja gesê.
Kyk hier na nog foto’s
Altesaam 70 dames het die tee geniet wat pret, dans, gelukkige trekkings, geselsies en ’n smaaklike vinger ete ingesluit het.
Neola’s Boutique het ook ’n R 5000 koopbewys aan Mona Swanepoel van Figures model skool en Adri Kruger van Casa Caritas geskenk vir hul Mej Casa Caritas kompetisie.


