
’n Plaaslike houtsnyinstruktrise en haar leerlinge hou op 6 en 7 November weer ’n groot uitstalling van hul werk in die saal van die NG Kerk Kempton Krag, op die hoek van Addax- en Birchstrate in Cresslawn.
Die uitstalling, die grootste plaaslike een van sy soort, sal op 6 November van 9vm tot 7nm oop wees en op 7 November van 9vm tot 4nm.
Toegang beloop R30 vir volwassenes en R15 vir kinders onder 12 jaar en sluit koffie en tee in. Daar is spesiale afslag vir seniors.
Lynette Botha is al die afgelope 38 jaar instruktrise en deel haar passie vir houtsnykuns met leerlinge. “Dit is ’n kunsvorm waarin jy jouself kan verloor en is baie terapeuties. Dit laat ruimte om enigiets van diere, voëls, huise, meubels, muurbehangsels tot horlosies te maak.”
Van die werke sal te koop wees en Saterdag van 10vm tot 12nm sal die gebruik van ’n Dremmel-gereedskapstuk gedemonstreer word.
Vir navrae, skakel Lynette Botha by 011-975-2037 of 083-292-3097.
