Local newsNews

Oos-Rand Akademie karnaval uitgestel

Die Karnaval beloof om vet pret vir feesgangers te wees.

OOS-RAND Akademie se groot karnaval is uitgestel to 5 Maart volgende jaar by Maplestraat 72 in Pomona.

Dié dag beloof om tonne pret en plesier vir oud en jonk te wees. Die karnaval sluit ’n kunsmark, liplekker kos, waterkaskenades, ’n motorfietsuitstalling en vele meer in.

Die doel van die ORA karnaval is om fondse in te samel vir die skool asook om die gemeenskap bewus te maak van die skool se doen en late.

Lees ook:

• Oos-Rand Akademie vier 19de bestaansjaar

• Skole vir Jesus skop af by Oos-Rand Akademie

Oos-Rand Akademie is ’n privaat Afrikaans en Christelike skool wat kleiner klasse bied en fokus om elke individuele kind te help om hul volle potensiaal te bereik.

Mediaborgskap vir drukwerk en advertensiekostes, kontant donasies, kos en prysdonasies vir gelukkige trekkings sal verwelkom word.

Vir meer inligting skakel die Oos-Rand Akademie kantoor by 011-396-3316/7.

Die kermis word volgende jaar aansienlik uitgebrei met internasionale kosstalletjies, ’n spesiale tent vir kinders waar hulle kan kaskarre ry en die bekende tafels met kerrie-en-rys, potjiekos, roosterkoek, poeding, ontbyt en naaldwerk.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button