Local newsNews

Jonges leer hoe om boeke uit te neem

Elke tiener het ook 'n afdruk met die Dewey desimale sisteem, penne en 'n notaboekie ontvang

SOLIDARITEIT Helpende Hand Kemptonpark het onlangs ‘n biblioteekwerkswinkel vir hul jeuggroep by die burgersentrum aangebied.

“Die tieners het geleer watter dienste by ons plaaslike biblioteke beskikbaar is, hoe om boeke uit te neem en te soek, en is ook op ‘n toer deur die kinderbiblioteek geneem,” verduidelik die tak se jeugleier, Liza Smith.

Lees ook:

• Solidariteit Helpende Hand deel skooltassies uit

• Helpende Hand bied kinderdag aan

• Helpende Hand leer vroue decoupage

Die tieners se voogde en ouers is verder aangemoedig om aansoek te doen vir ‘n biblioteekkaartjie sodat die kinders boeke kan begin uitneem.

Die tak het die werkswinkel aangebied om die groep tieners te bemagtig en hulle te wys hoe om van die biblioteekdienste gebruik te maak. “Mens besef nie elke dag dat daar steeds skoliere is wat nie internetgeriewe het om inligting vir skooltake in te samel of boeke het om gedurende ‘n vakansie te lees nie.

“Elke tiener het ook ‘n afdruk met die Dewey desimale sisteem, penne en ‘n notaboekie ontvang,” het Smith gesê.

Die tak bedank Kempton Park Books and Games wat vir elke tiener ook ‘n boek bygedra het.

Om meer inligting oor die tak of die jeuggroep te bekom, skakel Smith by 073-291-0519.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button