Local newsNews
Birchleigh-gemeenskap rol moue op en maak skoon
Dit is die begin van 'n reeks skoonmaakprojekte
BIRCHLEIGH-inwoners, lede van die buurtwag en AfriForum Kemptonpark het hul moue op 7 November opgerol en die buurt skoongemaak.
Die groep het bymekaar gekom en begin skoonmaak op die hoek van Ysterhoutstraat en Olienhoutweg tot en met die P91 (R25).
Die initiatief was gedryf deur Jan Vermaak, voorsitter van Birchleigh-buurtwag en ondervoorsitter van die veiligheid- en sekuriteitportefeulje van AfriForum Kemptonpark.
“Hierdie is die begin van ’n reeks skoonmaakprojekte en ek wil net dankie sê aan die buurtwag, gemeenskap en AfriForum vir hul harde werk en hulp met die projek. Dis lekker om deel te wees van ’n gemeenskap wat saamstaan.”
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
