Local newsNews

Helpende Hand takel graad eens se grootste leerprobleme

Jy kan ook help om 'n tassie te borg

DIS weer die tyd van die jaar dat voorskoolse kinders begin dink aan hulle “Eendag as ek groot is”-drome en al die uitdagings wat dit gaan bied.

Solidariteit Helpende Hand gaan behoeftige kinders weer eens van ‘n tassie voorsien. Die tassie bevat items wat van hul grootste leerprobleme kan uitstryk sodat hulle nie agterraak nie.

Helpende Hand glo dat armoede uitgewis kan word deur in opleiding te belê en dit begin reeds met die gevoel van hoop wat by graad eens geskep word wanneer hulle die nodige skoolgoedjies kry.

Elke skooltassie sal soos gewoonlik al die nodige skryfbehoeftes bevat, maar vanjaar sal daar ‘n paar bykomende items wees. Die inhoud van die tassie moet daartoe bydra dat hulle “Eendag as ek groot is”-droom ‘n werklikheid kan word. Om uit te vind wat in die skooltassie moet wees, het Helpende Hand graadeen-juffrouens gevra.

Helpende Hand het ‘n opname gedoen onder meer as 200 skole wat in 2016 tassies gaan ontvang. Dit het duidelik geword dat perseptuele en motoriese vaardighede die grootste twee leerprobleme vir graad eens is. Om die motoriese vaardighede aan te help, het Helpende Hand Unifix-blokkies en ’n legkaart ingesluit.

Daarby word kinders se perseptuele vaardighede verbeter deur op die witbord, ook ingesluit in die tassie, te skryf.

Daar sal 4 762 tassies aan behoeftige graad eens geskenk word en die totale waarde van die projek is nagenoeg R1,8 miljoen. Skole in Kempton wat tassies sal kry, is Laerskole Impala, Edleen, Kempton Park en Bredell.

Jy kan help om seker te maak dat hierdie kinders se “Eendag as ek groot is”-droom ’n werklikheid word. SMS die woord “Tassie” na 38969 om R10 te skenk wat kan bydra om ‘n tassie vol skryfbehoeftes te maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button