Local newsNews

G4 Civils gee terug aan die gemeenskap

Die dames deel elke week vir drie skole kospakkies uit.

DIE administratiewe vroue van G4 Civils wat in Augustus 2013 ’n toebroodjieprojek van stapel gestuur het, het op 12 November saam met elke kospakkie ’n skryfbehoeftepakkie aan behoeftige kinders van Laerskool Kreft Primary, Laerskool Bredell en Panorama-skool oorhandig.

Sien nog foto’s hier

Die skryfbehoeftes bestaan uit A4 boekoortreksels, ’n pennesakkie, 12 inkleurpotlode, ’n skêr, kleefband, ’n uitveër, skerpmaker, liniale, ’n blou en swart pen, asook ’n potlood.

“Met dié bydrae kan elke kind sy/haar 2016 jaar met die basiese skryfbehoeftes begin,” sê Kobie Nolan, organiseerder van die toebroodjieprojek.

“Ons totale wissel die laaste 18 maande tussen 116 en 120 kinders. Dit laat ons weer eens besef dat daar nog steeds behoefte is en dat die kinders staatmaak op ons kospakkie wat hulle elke week ontvang. Ons is ook baie bevoorreg om by ’n maatskappy te wees wat aaneenlopend finansieël kan bydrae tot die projek,” sê Nolan.

Lees ook:

• G4 Civils skenk kospakkies aan skole

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button