Local newsNews

Jeugies skenk R10 000 aan Herfsland

Die fondse wat geskenk is, sal gebruik word om inwoners te subsidieer wat nie die volle eenheidskoste kan bekostig nie

HOëRSKOOL Jeugland se debutante het R10 000 van hul fondsinsamelings aan Herfsland se bestuur oorhandig.

“Die debutanteprojek is geloods om geld in te samel, nie net vir die skool nie, maar ook om 10 per sent daarvan aan liefdadigheidsorganisasies te gee. Die geld is ingesamel deur verskeie projekte waarvan een ’n veldfliek was, wat deur twee van ons debutante, Carmen de Nysschen en Ilonka Nel, gereël is,” het Hoërskool Jeugland se hoof, dr David Morris, verduidelik.

“Ons is baie dankbaar vir al die skole wat vanjaar bydraes gelewer het, dit help meer as wat mens dink. Dankie aan Hoërskool Jeugland ook vir hierdie wonderlike verrassing,” het Johannie Louw, Herfsland se bestuurder, gesê.

Die fondse wat geskenk is, sal gebruik word om inwoners te subsidieer wat nie die volle eenheidskoste kan bekostig nie.

Lees ook:

• Impies skenk kos aan DBV

• Riebies skenk bakkies vol brood

• Winter-kersfeesinisiatief skenk aan Herfsland

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button