Vriende sluit jaar af met groot skenking
Hierdie skoenbokse word uitgedeel aan minderbevoorregte kinders in en om Kemptonpark
DIE Vriende van die Kemptonpark Biblioteke het op 24 November meer as 15 skoenbokse vol bruikbare produkte aan Solidariteit Helpende Hand (SHH) Kemptonpark geskenk.
Die SHH se ondervoorsitter, Ken Pieterse, het die skoenbokse by Birchleigh Biblioteek in ontvangs geneem.
Die Vriende het hul laaste byeenkoms gevier deur die skoenboksprojek van Helpende Hand aan te pak en gesellig saamgekuier.
Lees ook:
• Helpende Hand takel graad eens se grootste leerprobleme
• Helpende hand loods biblioteek op wiele
Elke vrou het haar skoenboks versier en dit vol gepak met tandepasta, ’tandeborsel, badseep, ’waslap, haarprodukte, ’n kledingstuk en ’n opvoedkundige speelding vir ’n meisie of seun onder die ouderdom van 18 jaar.
“Ons is baie dankbaar vir al die skenkings wat ons kry en wil die mense van Kemptonpark bewus maak dat die nood groot is en dat enige bydrae ’n groot verskil maak. Baie dankie aan Linda Lombard en al die Vriende vir julle harde werk en moeite,” het Pieterse gesê.
Hier is nog foto’s van die projek
Hierdie skoenbokse word uitgedeel aan minderbevoorregte kinders in en om Kemptonpark.
Die Vriende het ook Rie Goosen aangewys as die algehele wenner van die jaar omdat sy die meeste items voltooi en tegnieke toegepas het.
“Ons het vanjaar sowaar afgesluit op ’n baie goeie noot en dankie aan al die Vriende wat hierdie jaar deelgeneem het aan al die aktiwiteite, sien julle weer volgende jaar,” het Lombard gesê.
Vir meer inligting oor hoe jy betrokke kan raak by Helpende Hand se skoenboksprojek, besoek www.helpendehand.co.za

