Kersvader kuier by Helpende Hand
Kersvader het skoenbokse propvol geskenke uitgedeel en elke kind het ook ’n teddiebeer, ’n kolwyntjie en ’n gebedskussing ontvang.
KERSVADER het onlangs vir byna 30 kinders by Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark se Kersfees funksie geskenke uitgedeel.
“Die tak het nou saam met NG Hoogland gewerk en die kinders van 0 tot 10 jaar het die Kersdiens by die kerk bygewoon,” verduidelik Liza Smith, die Kemptonpark-tak se jeugleier.
Lees ook:
Die kinders het voor die diens warmbrakke en ’n koeldrank ontvang. “Baie dankie aan NG Hoogland wat hul tent aan ons beskikbaar gestel het om die kersboom op te maak,” bedank Smith.
Kersvader het na die diens skoenbokse propvol geskenke uitgedeel en elke kind het ook ’n teddiebeer, ’n kolwyntjie en ’n gebedskussing wat spesiaal deur Vinkie Mulder gemaak is, ontvang.
“Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark bedank graag die kerke, besighede, organisasies en individue wat ’n skoenboks en nog meer vir die minderbevoorregte kinders geskenk het,” sê Smith. “Die Kersdiens was beslis verrykend vir elke kind wat dit bygewoon het en Kersvader se besoek was definitief die hoogtepunt van die aand.”
Vir meer inligting oor die tak, kontak die voorsitter, Ella Pieterse by 082-406-3655 of e-pos shhkempton@gmail.com
