Local newsNews

Jeuglede stap deur Modderfontein-reservaat

Met die 10km stap het die tieners meer geleer oor die plantlewe, diere en geskiedenis van die reservaat.

JEUG van die Solidariteit Helpende Hand Kemptonpark-tak het in Desember ‘n begeleide stap deur die Modderfontein-reservaat geniet.

“Jenny Gough en Carol Sherwood van Modderfontein Conservation Society het goedgunstelik ons jeug op ‘n insiggewende stap deur die reservaat geneem,” het Liza Smith, die tak se jeugleier, verduidelik.

Met die 10km stap het die tieners meer geleer oor die plantlewe, diere en geskiedenis van die reservaat. “Elke tiener het ook yskoue koeldrank en ‘n heerlike worsbroodjie ontvang na die stap,” het Smith vertel.

Die jeug is ook bederf met Kersgeskenke om die jaar af te sluit. Die tak bedank graag Modderfontein Conservation Society en al die skenkers wat geskenke vir die tieners voorsien het.

Diegene wat meer inligting oor die tak verlang, kan die voorsitter, Ella Pieterse, by 082-406-3655 skakel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button