Jeugies behaal 95% slaagsyfer in matriekeindeksamen
205 Jeugie-matrikulante het laasjaar die eksamen geskryf
HOëRSKOOL Jeugland het met groot opgewondenheid vanoggend sy matrikulante van 2015 se uitslae uitgedeel.
205 Jeugie-matrikulante het laasjaar die eksamen geskryf. Die skool se slaagsyfer was 95% met 57% wat universiteitsvrystelling gekry het.
Lees ook:
• Kempie spog met 10 onderskeidings
‘n Paar voormalige matrikulante het hul opgewondenheid gedeel:
“Ons almal is baie bly die jaar is verby en ons is baie opgewonde vir wat voorlê in die toekoms. Ek sien baie uit na universiteit en om nuwe mense te ontmoet en natuurlik te leer.”
“Baie opgewonde, die punte kon seker beter, maar ek is deur en ek is baie bly.”
“Ek kan nie meer wag vir universiteit nie en die eerstejaarslewe en seker bietjie leer ook.”
Foto’s van plaaslike matrieks wat hul uitslae ontvang
