HOëRSKOOL Kemptonpark se matrikulante van 2015 het ’n slaagsyfer van 99 persent behaal en 62 persent het universiteitsvrystelling verwerf.
“Ek dink ons almal is baie opgewonde vir die nuwe uitdaging van universiteit of selfs werk en ek dink ons is ook baie verlig om klaar te wees met skool. Dankie vir al die geleenthede wat die onderwysers ons gebied het op skool, maar ek dink ons is nou reg vir die grootmenswêreld,” het ’n opgewonde voormalige matrikulant aan Express gesê.
Lees ook:
• Jeugies behaal 95% in matriekeindeksamen
273 Kempie-matrikulante het die eksamen afgelê.
“Ons is baie trots op al ons matrikulante en beslis twee van ons toppresteerders, Luke van Eyk met 10 onderskeidings en Marichelle Rautenbach met agt onderskeidings,” het die skoolhoof, Roelof Burger, gesê.
