Megan is Jeugland se top matriek met agt onderskeidings
Die 205 Jeugie-matrikulante wat die eksamen geskryf het, het 'n slaagsyfer van 95 persent behaal
MEGAN Heath met agt onderskeidings was laasjaar Hoërskool Jeugland se top matrikulant.
Sy het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, lewenswetenskappe, besigheidstudies, lewensoriëntering, fisiese wetenskappe en Alfa wiskunde behaal.
Die 205 Jeugie-matrikulante wat die eksamen geskryf het, het ‘n slaagsyfer van 95 persent behaal met 57 persent wat universiteitsvrystelling gekry het.
Die skool se ander toppresteerders was:
7 Onderskeidings
Lara Dreyer (Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, besigheidstudies, rekenaartoepassingstegnologie, geskiedenis).
Liza du Preez (Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe, fisiese wetenskappe).
6 Onderskeidings
Charné Bailey (Afrikaans, Engels, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, Alfa wiskunde).
Megan Bekker (Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, lewenswetenskappe, Alfa wiskunde).
5 Onderskeidings
Ben-Hendrik Espach (Engels, lewensoriëntering, geografie, geskiedenis, lewenswetenskappe).
Melindie Muller (Afrikaans, wiskunde, lewensoriëntering, rekeningkunde, Alfa wiskunde).
4 Onderskeidings
Dyllan de Beer (Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, musiek).
Dean Erasmus (lewensoriëntering, rekeningkunde, besigheidstudies, ekonomie).
Kiara Schuman (Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, geskiedenis).
Bianca van den Berg (Afrikaans, lewensoriëntering, ontwerp, geskiedenis).
Izandri Wessels (Afrikaans, Engels, lewensoriëntering, rekeningkunde).
Also read:











