MunicipalNews

Oop brandkraan verwoes amper huis in Norkempark

Die water in die erf was kniediep

‘n Norkempark-gesin moes Saterdagmiddag spook om stromende water uit hul huis te hou nadat ‘n brandkraan voor hul erf vir twee ure oop was.

Bure en vriende het ingespring om die Goldners van Quintus van der Waltrylaan te help slote grawe om die water, wat kniediep in die erf was, uit die huis te hou.

“Dit was ’n groot skok vir ons. Ons het geen kennisgewing gekry dat die metro die kraan gaan oopmaak nie. As dit nie vir my bure was wat kom help het nie, was my hele huis onder water,” het Betsie Goldner gesê.

Also read:

Sewage fountains flood Glen Marais garden

No quick solution for Vlei Street floods

Die brandkraan is glo oopgedraai om die waterdruk te verminder terwyl die munisipaliteit aan ‘n gebarste waterpyp sowat 300m van die Goldners se huis gewerk het.

Bure het vir twee ure slote gegrawe om die water in ’n ander rigting te stoot om te keer dat dit nie binne die huis instroom nie.

“Die water wat by die erf ingestroom het, het soos ’n rivier gelyk. Ons het die waterdepartement en die brandweer probeer bel om uit te vind wat aangaan en hoekom hulle die brandkraan so lank oophou, maar daar was geen antwoord op die noodnommers nie,” het Goldner gesê. “Ons sypaadjie, grasperk en die stoepie by ons voordeur is weggespoel. Wie gaan vir die skade betaal?”

Gelukkig het die trap by die voordeur ook help keer dat die water die huis instroom.

“Ek wil dankie sê aan die bure oorkant en langs ons en almal in die straat wat kom help het. As dit nie vir hulle was nie, het ek nie nou ’n huis gehad nie. Dankie ook aan DA raadslid Johann Jordaan dat hy kom kyk het of ons reg is.”

Express wag nog vir kommentaar vanaf die metro.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button