LEERDERS van Laerskool Birchleigh het Woensdagoggend 1 000 liter water geskenk aan dorpe in die Vrystaat wat tans ’n watertekort ondervind.
Die projek is geloods deur die leiergroep van 2016 saam met hul leiervoogde, Jaco en Sharazan van den Heever.
“Ek dink ons het besonder goed gedoen met die projek en dankie aan al die leerders wat so mooi deelgeneem het. Ons het binne ‘n week 1 000 liter water ingesamel en ons glo dit sal ’n verskil maak”, sê Van den Heever.
Kyk hier na nog foto’s
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
