Local newsNews
Egpaar vier hul 60ste herdenking hierdie week
Hulle het nege kleinkinders en 10 agterkleinkinders
KASSIE (83) en Corrie (79) Vermaak herdenk hul 60ste huweliksherdenking op 28 Januarie.
Die egpaar is op dié dag in 1955 in Graskop getroud waar Kassie vir 10 jaar vir ‘n bosbousaagmeule in Sabie gewerk het.
Hulle eerste drie kinders, Frans, Hansie en Elize, is daar gebore.
In 1963 is Kassie na Elandsfontein se bosboumeule oorgeplaas. Nog twee dogters Hannetjie en Leonie, is in Germiston-hospitaal gebore.
Kassie het in 1992 afgetree en die egpaar bly by hul dogter Elize in Norkempark.
Hulle het nege kleinkinders en 10 agterkleinkinders.
Also read:
• Couple celebrates 60th wedding anniversary
• Six decades of love and companionship
• Couple celebrates their 62nd anniversary
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
