NewsSchools

Riebies verwelkom hulle nuwe skoolhoof

Die hele gesin is oudleerders van Hoërskool Jeugland

LAERSKOOL Van Riebeeckpark vier nie net vanjaar sy dertigste bestaansjaar nie, maar het op 22 Februarie ook ‘n splinternuwe skoolhoof, Vivian Botha (49), verwelkom.

Eintlik is dit welkom terug, want Botha is allermins ? vreemde gesig by die Riebies. Hy was van 1999 tot 2009 departementshoof by Laerskool Van Riebeeckpark, waarna hy sy vlerke as adjunkhoof by Laerskool President Steyn in Alberton gaan sprei het.

“Al was ek sewe jaar ‘weg’ van die Riebies af, het daar bykans nie ? dag verbygegaan wat ek nie op pad huis toe eers om die Riebie-terrein gery het nie. My droom (om Riebie-hoof te word) is werklik bewaarheid, maar ek besef ook die enorme verantwoordelikheid en uitdaging wat voorlê om op 30 jaar se trotse geskiedenis voort te bou.”

Rudi Krause, beheerliggaamvoorsitter, is opgewonde oor Botha se aanstelling. “In die onderwys is daar nie kantoorure nie. As opvoeder dien ? mens die gemeenskap 24 uur van elke dag, want nie probleme óf oplossings het kantoorure nie.

Ons hoof op 'n drafstap

“Mnr Botha beskik nie net oor die bestuursvaardighede om Laerskool van Riebeeckpark op akademiese, sport- en kultuurgebied na nog hoër hoogtes aan te vuur nie, maar beskik ook oor uitstekende finansiële kennis, iets wat onontbeerlik in vandag se skoolomgewing is,” het Krause gesê.

Botha is ? groot sportliefhebber en het deur die jare in verskeie sportliggame se bestuur gedien, dikwels as voorsitter. Hy was onder meer tot onlangs voorsitter van die Goue Leeus Skeidsregters en vir 19 jaar onder die toptien rugbyskeidsregters in die provinsie – ? prestasie wat niemand hom nog kon nadoen nie.

Hy was vir jare die topskeidsregter van die Valke en het ook al verskeie keer by Cravenweke en op provinsiale seniorvlak geblaas.

“Ek sien daarna uit om elke kind se unieke identiteit te ontwikkel sodat hulle hul plek in die wêreld met gesag kan volstaan. Hulle moet op hul voete kan dink en eendag kan terugkyk en sê: ‘Ek is trots om ? Riebie te kon wees’,” sê Botha.

Volgens hom moet kinders van kleins af geleer word om monumente in mense se lewens op te rig. “Daarom is die Riebies se tema vir ons feesjaar ‘Legacy – wat’s joune?’, so gepas. Ons lewe immers nie vir onsself nie, maar is almal hier om ander aan te raak.”

Vivian is getroud met Venessa, ? finansiële bestuurder, en die egpaar het twee kinders, Aloise (23), ? onderwyser by Laerskool Elarduspark; en Albé (20), ? grafieseontwerpstudent by Open Window in Pretoria.

Die hele gesin is oudleerders van Hoërskool Jeugland.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button