NewsSchools

Oos-Rand Akademie se leerders skenk bloed

Dit is die derde projek van Oos-Rand Akademie se 20 liefdadigheidsprojekte wat die skool se 20 jaar van bestaan verteenwoordig

OOS-RAND Akademie se leerders het op 19 Februarie bloed geskenk by die SANBS bloedbank in Kemptonpark as deel van hulle 20 liefdadigheidsprojekte wat die skool se 20 jaar van bestaan verteenwoordig.

Hierdie was die skool se derde projek wat bydra tot die gemeenskap.

“Die leerders het besluit om bloed te skenk omdat hulle iets terug kan gee vir die mense. Ander mense se lewens hang daarvan af en as jy self in die posisie is waar jy bloed nodig het, sal jy bly wees as iemand geskenk het. Een eenheid kan iemand se lewe red en daar is ’n tekort aan bloed in SA. Ons skenk bloed want dit kan iemand se lewe verander,” sê Lindi Jordaan, onderwyseres by Oos Rand Akademie.

Lees ook:

Akademie samel water in vir dorre Vrystaat

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button