TWEE van die Laerskool van Riebeeckpark se klasse het as deel van hul 30+ Goeddoenprojekte op 8 April die harte van Con Amore Skool se kinders verbly.
Hulle het aan elke leerling ‘n bal en ‘n bederfpakkie oorhandig, waarna hulle saam piekniek onder die bome gehou het.
Volgens Heloise Nolte, ‘n onderwyseres by Con Amore en organiseerder van die uitstappie, was dit die hoogtepunt van die jaar vir die leerders.
Met die oog op Internasionale Maand vir Outisme kon die Riebies se leerders ook interaksie hê met outistiese leerders.
Liana van Heerden, ook ‘n ondewyseres, het die leerders ingelig oor outistiese gedrag en dieoutistiese kinders se spesiale eienskappe, voorkeure en afkeure.
Lees ook:
