NewsSchools

Edlenertjies vier 20ste bestaansjaar

Die skool is op 1 Mei 1996 geopen met slegs drie leerlinge

DIE leerlinge en personeel van Edlenertjies het op 3 Mei hul twintigste bestaansjaar met koek en springkastele gevier.

Een van die leerlinge in die vissie-klas het haar verjaarsdag saam met die skool gevier.

Die skool is op 1 Mei 1996 geopen met slegs drie leerlinge en staan vanjaar op 171 leerlinge, agt Afrikaanse klassies en een Engelse klas.

Die ouderdomme verskil van drie tot vier jaar, graad RR en graad R.

“Die kinders het geskenkies vir die skool gebring en alles sal hier gehou word om mee te speel en pret te hê. Ons het ook koek vir die kinders en personeel gekry, asook springkastele om behoorlik partytjie te hou,” vertel die hoof, Martie Momberg.

Daar is ook lekkers, springmielies en melkskommels aan die kinders uitgedeel.

Sien nog foto’s hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button