NewsSchools

Akademie vier 20 jaar met reünie en karnaval

Oud-leerling, personeel en ouers het saam gedeel in die feesviering

OOS-RAND Akademie (ORA) het op 18 Maart hul 20ste bestaansjaar gevier deur ’n reünie te hou vir alle oud-ouers; -leerders; -bestuursraadslede en -personeel in die skoolsaal.

Die huidige ouers, personeel en leerders kon ook deelneem aan die feesvieringe.

Zerelde Uys het die gedagte van ’n Afrikaanse privaatskool begin en haar ma Dr Tersia King om hulp gevra en oorlede Johan Kruger genader om die eerste skoolhoof te wees van ORA in 1996.

Die skool het met slegs 35 leerlinge geopen en spog vandag met 148 leerlinge. Hulle handhaaf die afgelope vyf jaar ’n 100 persent slaagsyfer.

King was ongelukkig nie teenwoordig gewees op die dag nie weens ’n gesondheidskwessie.

Die leerders het ook met hulle karnaval ten viering van die skool se 20ste bestaansjaar, op 15 April, al die geld wat ingesamel was aan die Kemptonpark DBV geskenk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button