
DIE Kempies se toneel het Saterdag ‘n A+ by die kunswedstryd verower.
Deanda van Zyl is as beste aktrise aangewys en Dihan Keun as beste akteur. Die beste ondersteunende aktrise was Brigitte Snyman en beste ondersteunende akteur Nico du Plessis.
Rugby: VirSeker Beeld-trofee uitspeelwedstryde: O/14A Kempies wen 15-5 teen Florida; O/15A Kempies wen 29-5 teen Jeugland; O/16A – Kempies wen 25-12 teen Die Anker; eerste span Kempies en Noorheuwel speel gelykop 0-0. Hulle het Dinsdagmiddag die wedstryd oorgespeel om die wenner te bepaal.
Bergfietsry: Kempie Bergfietsryklub het die afgelope naweek aan die tweede been van die SPUR-reeks by Hoërskool Bekker deelgeneem.
Die volgende ryers het goed presteer: Marc Pritzen 2de, Andries Nigrini 12de, Jayden Smith 22ste, Anton Potgieter 36ste.
Kempies was 12de uit meer as 50 skole.
Artistiese gimnastiek: Kempies het Saterdag aan die Brits uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem en sewe silwermedaljes, agt bronsmedaljes en 14 uitnodigingsmedaljes verower. Medaljes is slegs vir totale toegeken.
Landloop: Kempies het die afgelope naweek aan ‘n uitnodigingsbyeenkoms deelgeneem. Die uitslae was:
Junior meisies 3de, junior seuns 5de, senior meisies 5de, senior seuns 4de.
Die skool was algeheel vierde.
