NewsSchools

Borde bring hulde aan Impies se ryk geskiedenis

Die vyf dekades van die skool se geskiedenis word elk gekenmerk deur baie uitstaande hoogtepunte

LAERSKOOL Impala het in Augustus 1965 op Kempton Park se horison verskyn as die derde Afrikaanse laerskool van die dorp.

Die eerste personeel en leerlinge wat in die dorre, droë Augustus van 1965 die eerste voetspore op Impala se stowwerige skoolterrein gegee het, sou nie kon droom dat daardie terrein, wat soos ’n omgeploegde mielieland gelyk het, die spogterrein sou word wat dit vandag is nie.

Inderdaad het hulle die eerste tree gegee in die suksesverhaal van Laerskool Impala.

Die vyf dekades van die skool se geskiedenis word elk gekenmerk deur baie uitstaande hoogtepunte. Daar is tog in elke dekade ’n hoogtepunt wat vlak in die Impies van daardie dekades se geheue lê.

Lees ook:

Kameras hou ‘n oog oor Impies

1966-1975

Die skool kom tot stand met 16 personeellede en 505 leerlinge. Geleë langs ’n groot swartwattelbos, staan die skool as die Bosskool bekend.

Op 3 Desember 1966 word die skool na die Impala-vegvliegtuig vernoem. Die skool bring hulde aan sy eerste voltydse hoof, George Hauptfleish.

1976-1985

In dié dekade word die oprigting van die pawiljoen beplan met ’n bedrag van R6 600 en 11 sent in die pawiljoenfonds.

Op 17 Maart 1978 word die pawiljoen, wat teen ’n koste van R11 720 deur Matsteel opgerig is, ingewy. Die pawiljoen is die simbool van die ontwikkeling van Impala se sportgeriewe. Die Impies bring hulde aan hul tweede hoof, Johan Kruger.

1986-1995

In dié dekade betree Impala die eeu van rekenaartegnologie met die skenking van R80 000 se rekenaars deur BAS 4. Die sentrum maak Impala die eerste Afrikaanse medium laerskool in Kempton Park waar leerlinge rekenaarondersteunende onderrig ontvang.

Die skool bring hulde aan sy derde hoof, Thys de Beer.

1996-2005

Hierdie dekade word uitgebeeld deur die Impala Silwervalk-vegvliegtuig wat deur Atlas-vliegtuigkorporasie in Impala se voortuin opgerig is. Die vegvliegtuig is deur dr Ermano Bazzachi van Italië ontwerp.

Die vliegtuig simboliseer die skool se leuse, “Vinnig en vlytig”.

Die Impies bring hulde aan hul vierde hoof, Johan Bouwer.

2006-2015

Dié dekade plaas die fokus op voorskoolse onderrig. Die graad R-sentrum word in 2009 in ’n tydelike klaskamer geopen en groei van ’n beskeie 28 leerlinge tot ’n spogsentrum, Stralejakkers, met 182 leerlinge in 2015.

Die skool se Christelike Afrikaanse karakter word gevestig. Hulle bring hulde aan hul vyfde hoof, Theo Gouws.

Impala se geskiedenis oor die vyf dekades word op gedenkborde in die voortuin van die skool uitgebeeld. Die hoof en personeel van Laerskool Impala spreek hul dank uit teenoor die borge van dié borde:

1966-1975: Christiaan en Charné Fourie

1976-1985: CBC Office Automation Horison

1986-1995: Wilpro Printers

1996-2005: MGC Express CC

2006-2015: Bernelee, Ashleigh, Matthew Doster

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button