NewsSchools

Kempie verwerf gesogte toekenning

Hierdie toekenning word tydens ‘n spesiale geleentheid aan hulle oorhandig

ELIZE Venter van Hoërskool Kemptonpark het vanjaar die gesogte Presidentverkennertoekenning van die Voortrekkers ontvang.

Net lede van die Voortrekkers in graad 12 kan dié nasionale toekenning ontvang nadat hulle aan ’n rits vereistes voldoen het.

Dit sluit in die bywoning van ’n sekere aantal gebiedskampe, die suksesvolle voltooiing van ’n bepaalde aantal spesialistake, goeie getuigskrifte van die skool, kerk en Voortrekkerkommando en ’n vereiste aantal jare diens in die Voortrekkers.

Kandidate moet ook die Nasionale Presidentsverkenner teoretiese eksamen in April slaag en derdens die nasionale Presidentverkenner-afrondingskamp, wat in Julie gehou is, slaag.

Die Voortrekkers se nasionale toekenning vir jeuglede bevestig dat die jeuglid se beginsels en keuses gerig word op ’n Bybels-Christelike lewens- en wêreldbeskouing en dat die jeuglid se menswees en leierskap ’n gebalanseerde ontwikkeling getoon het.

Hierdie toekenning word tydens ’n spesiale geleentheid aan hulle oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button