NewsSchools

Impies kweek liefde vir wiskunde

Leerders kan ook vyf kredietpunte ontvang as hulle hul wiskunde-speld ontvang het

LAERSKOOL Impala is besig met ’n projek om die liefde vir wiskunde by leerders te kweek.

Leerders wat aan die vereistes voldoen gaan haal dan persoonlik by die hoof, Theo Gouws, ’n wiskunde-speld.

Die vereistes en riglyne waaraan ’n Impie moet voldoen om sy speld te kry, is:

1. Bo 70% in eksamen.

2. Met 5% in eksamens, toetse, ens verbeter.

3. Leerders wat getrou hul huiswerk doen. Geen pligsversuim. Minstens ’n volle week.

4. Leerders wat vir minstens een week volpunte vir hoofrekene verdien.

5. Leerders wat netjies in wiskundeboeke werk.

6. Leerders wat puik projekte of opdragte lewer.

7. As ’n leerder na die wiskundeklub genooi word.

8. As ’n leerder op die wiskunde top 20 lys is.

9. Puik gedrag in die wiskundeklas.

10. Leerders wat, al presteer hulle nie na wense nie, wel ’n groot liefde vir wiskunde toon.

Leerders kan ook vyf kredietpunte ontvang as hulle hul wiskunde-speld ontvang het.

“Wiskunde is vir ons by Impieland belangrik en ons wil graag daardie liefde by ons leerders kweek,” het Gouws gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button