
ARTISTIESE gimnaste van Hoërskool Kemptonpark (vlak 2 en 3) het 11 medaljes tydens die interprovinsiale kampioenskappe behaal.
Hulle het twee goud, drie silwer en sewe bronsmedaljes gekry.
Robert Vroom en Jason Finscham het gesamentlik goud verower in vlak 3 en die hoogste punte behaal. Dominique Vermeulen het silwer verower in die meisies se vlak 3-afdeling.
Oos-Gauteng uitnodigingsbyeenkoms vlak 4-6: Tammy Viljoen en Clariska van Staden was gesamentlik tweede in die vlak 4-afdeling (14 en ouer). Zhandi van Eeden (O/18) en Megan van Niekerk (O/18) het ook silwermedaljes vir vlak 5 verower.
Die volgende gimnaste is vir Oos-Gauteng gekies vir die komende naweek se Gautengkampioenskappe: Clariska van Staden, Tammy Viljoen, Chené van Aswegen en Chalene Coetzee.
Rugby 7’s: Die O/18’s het al hul poelwedstryde gewen en teen Monnas in eindstryd gespeel. Die eindtelling was 19 elk en ‘n ekstra drie minute is aan elke kant gespeel. Monnas het met 21-19 gewen.
Volledige uitslae van wedstyde: Kempies 36 Lynx 0, Kempies 12 Die Anker 7, Kempies 28 Krugersdorp 7.
Koor: Die koor het op 29 Augustus aan twee afdelings by Kemptonpark Kunswedstryd deelgeneem. In die afdeling vir luisterliedjies het hulle ? A+ ontvang en in die afdeling gewyde sang ? A++.
Hulle is in albei afdelings as itemwenners aangewys.
