Wiskunde-slimkoppe presteer nasionaal
Die kompetisie het op 20 Augustus in Kemptonpark plaasgevind
TWEE lede van UCMAS Kempton Birch-tak en een van hoofkantoor het uitsonderlike prestasies by die UCMAS nasionale kompetisie behaal.
Die kompetisie het op 20 Augustus in Kemptonpark plaasgevind.
Elsje Cloete van Laerskool Birchleigh was eerste in Kategorie G, Higher A. Sy was ook tweede in die flitskaartafdeling.
Joshua Meyer van Laerskool Impala was vierde in Kategorie F, Intermediate B. Hy was ook die “Maze Grand Champion”.
Carika Kruger van Laerskool Impala was eerste in Kategorie I, Advance en Grand Level. Sy het ook ‘n tweede plek in die flitskaartafdeling B behaal.
UCMAS is ‘n buitemuurse aktiwiteit wat breinontwikkeling, konsentrasie, luistervaardighede, spoed, verbeelding en kreatiwiteit, fotografiese geheue, oplettendheid, toepassing, oordeels- en redeneringsvermoë en selfvertroue verbeter deur die gebruik van ‘n Soroban-abakus.
UCMAS is die enigste abakusprogram in die wêreld wat geheelbreinontwikkeling tot gevolg het deur van die ses-vingers-twee-handeprogram gebruik te maak. Hoekom twee hande en ses vingers op die abakus? Wanneer die student met twee hande en ses vingers op die abakus werk, werk dele van die brein wat met geen ander program bekend geaktiveer kan word nie.


