
DIE Kempie-koor was Vrydagaand derde by die finaal van die “Sing IT”-koorkompetisie wat deur die Universiteit van Pretoria se kunste-departement aangebied is.
Slegs vyf hoërskoolkore, wat skole van die Vrystaat en Noordwes ingesluit het, het aan die finaal deelgeneem.
Die eerste en tweede plekke is ingeneem deur ‘n seun- en meisiekoor, wat die Kempie-koor tegnies die eerste gemengde koor van die kompetisies gemaak het.
Skaak: Die O/17 span was derde by die Gauteng-kampioenskappe se topskole-kompetisie. Die spanlede was Conrad Schoeman, Christo Pretorius, Stephan Jonker, Morné Ras, Anika du Plessis, Francois Steyn en Jan du Plessis.
Artistiese gimnastiek: Na afloop van die Gauteng-kampioenskappe is Megan van Niekerk (vlak 5) en Tammy Viljoen (vlak 4) vir die Gauteng-span gekies wat die provinsie by die SA-kampioenskappe in Kaapstad gaan verteenwoordig.
Tammy het ook ‘n bronsmedalje verower.
Landloop: Lyndi Roelofse was vierde en Carla du Randt 23ste by die ASA SA kampioenskappe in George.
Twee atlete, Delport Botha en Lyndi Roelofse, het vir die SA skole in Witrivier gekwalifiseer.
Rugby: Die O/15’s en O/17’s het aan die Valketoernooi by Hans Moore deelgeneem. Die uitslae was:
O/15: Kempies wen Hans Moore 29-17, Kempies wen Benoni High 36-7, Kempies wen Hugenote 19-12 in kwartfinaal, Kempies wen Jeugland 26-19 in semi-finaal, Kempies verloor 12-33 teen Transvalia in die finaal.
O/17: Kempies wen Johan Jurgens 69-0, Kempies wen Hans Moore 27-0, Kempies wen Hugenote 31-19 in kwartfinaal, Kempies wen Die Anker 22-7 in semi-finaal, Kempies verloor 16-31 teen Dr EG Jansen in die finaal.
Muurballiga: Kempies 1 wen Oosterlig 1 12-1, Kempies 2 wen Germiston 2 9-7, Kempies 2 speel gelyk in spelle teen Germiston 7-7, maar verloor met 3 punte,
Kempies 1 wen Woodlands 2 12-0, Kempies 2 wen Shangri-La 3 11-7.
Krieketliga: eerstes vs Jeugland: Jeugland 145/10, Kempton 79/10. Jeugland wen met 66 lopies.
O/15A vs Jeugland: Jeugland 135/10. Kempton 99/10. Jeugland wen met 36 lopies.
Tweedes vs Jeugland: Kempton 351/8 (Miguel Stoman 132, David Bennet 73). Jeugland 97/10. Kempton wen met 254 lopies.
