Kursus oor nageslagte word aangebied
Die winste word gebruik as ‘n fondsinsameling vir nuwe boeke

SEPTEMBER is die Vriende van Kempton Park Biblioteke se genealogie-maand.
Dié groep kom op 24 September bymekaar vir ‘n beginnerskursus deur Ellen Harmse. Dis vind plaas om 12:30nm by Birchleigh-Noord Biblioteek.
Het jy stories en data geërf en nou weet jy nie wat om daarmee te maak nie? Wou jy nog altyd jou familiegeskiedenis vir jou nageslag bewaar? Voel jy, jy wil jou inligting oor jou familie ‘n bietjie orden? Wonder jy hoe mens sulke inligting korrek opskryf? Wat maak mens met al die ou foto’s? Of wil jy net kom wys wat jy reeds gedoen het?
Kom leer hoe dit gedoen word en kyk wat het die ander.
Ellen en ander lede van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika (GGSA) sal jou met woord en daad bystaan. Toegang is R50 en lede van die vriende kry afslag.
Die winste word gebruik as ‘n fondsinsameling vir nuwe boeke wat die Vriende van die Kempton Park Biblioteke vir die Birchleigh-Noordbiblioteek sal skenk.
Skakel Harmse by 011-972-0003 of 072-594-9050.
