Local newsNews

Huwelikskursus by Kempton-Kruin aangebied

Dit word baie informeel en prakties aangebied en daar word geleentheid gegee vir elke paartjie om alleen saam te gesels

DR Danie Malan van die NG Gemeente Kempton-Kruin bied op 15 Oktober ’n huwelikskursus aan.

Die tema is God se roeping vir jou huwelik. God het ons nie in die eerste plek geskape om gelukkig te wees nie, maar om heilig te wees (R Warren).

Die doel van die kursus is om paartjies wat wil trou toe te rus asook om getroude pare te help om beter te kommunikeer en mekaar opnuut te waardeer en saam die Here te dien.

Mense uit vorige kursusse getuig dat hulle geleer het om nader aan God te leef. Dit is vir hulle gesin belangrik om saam kerk toe te gaan, tuis saam die Bybel te lees en te bid, die aard van liefde te verstaan, hulle verwagtinge realisties te maak en hulle eie gesindhede te ondersoek.

Praktiese wenke oor rolverdeling, kommunikasie, konflikhantering, tydsbestuur en begrip vir mekaar se seksuele behoeftes word bespreek. Daar word ook gekyk na persoonlikhede en sosiale style van interaksie.

Dit word baie informeel en prakties aangebied en daar word geleentheid gegee vir elke paartjie om alleen saam te gesels.

Die kursus word aangebied by die kerk in Fiskaalstraat van 9vm tot 1nm.

Die inskrywingsfooi is R500 per paartjie, wat ’n ete insluit. Alle ouderdomme is welkom.

Bespreek by die kerkkantoor by 011-391-1343.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button