Jong hip-hop-danser oorsee genooi
Jayden Luyt het 11 maande gelede begin dans en daar is geen keer aan dié mannetjie nie
NA minder as ’n jaar van dans het ’n sewejarige hip-hop-danser van Kemptonpark reeds sewe kampioenskapstitels agter sy naam.
Jayden Luyt het 11 maande gelede begin dans en daar is geen keer aan dié mannetjie nie.
Jayden het in September die Supreme Dancer of the Year gewen, wat hom die jongste hip-hop-danser maak om vier danstitels in een jaar te verower.
Hy het onlangs gekwalifiseer om Suid-Afrika volgende jaar by die World Dance Masters in Porec, Kroasië, te verteenwoordig, asook by die Internationale Dance Festival in Novi Sad in Serbië later vanjaar.
Van die ander kompetisies wat dié leerling van Laerskool Impala al gewen het, sluit in die Freedom Day, Sentraal Vrystaat, Star Jhb, Gauteng en SA kampioenskappe.
