Dis weer tyd vir kerk se kindernaweek
Die naweek se program sluit die Sondag af met 'n erediens om 8.15vm deur Johan Smith
DIE Kinderbediening van die NG Gemeente Kempton-Kruin bied weer sy jaarlikse kindernaweek aan van 21-23 Oktober vir alle kinders van 4-12 jaar oud.
Die tema vir vanjaar se naweek is “Super Hero Academy”, waartydens gefokus gaan word op die opdrag wat elke kind het om “super heroes” vir Jesus te wees.
Tydens die naweek sal kinders geleer word dat Jesus ons elkeen geroep het om getuies vir Hom in wees; dat elkeen ‘n spesifieke rol het om as getuie te vervul, want elkeen se gawes en talente is anders.
Inskrywings vir die naweek sluit op 19 Oktober. Vir een kind is dit R100; R180 vir twee; R250 vir drie en R320 vir vier. Die dagseminaar, Ouers-wat-Jesus-volg, kos R200 per paar/persoon (sluit middagete in).
Registrasie vind plaas op 21 Oktober van 4.30nm tot 6nm by Kempton-Kruin in Fiskaalstraat. Trek ook die Vrydag soos jou gunsteling Super Hero aan.
Lofprysing die Vrydagaand word deur Clarice en die Reënboogkidz gelei en is gratis vir kinders wat die naweek bywoon. Ander gaste betaal R50.
Daar kan ook by die kerk gekamp word. Ouers moet kinders by die kamp vergesel. Kinders wat eerder by die huis wil slaap moet Saterdagoggend om 7.30vm terug wees.
Na afloop van die kindernaweek se aktiwiteite die Saterdag is daar ‘n gesinskuier met ‘n bring-en-braai. Vure, pap en sous word verskaf. Bring jou vleis, drinkgoed en kuiergees.
Die naweek se program sluit die Sondag af met ‘n erediens om 8.15vm deur Johan Smith.
Vir meer inligting, skakel die kerkantoor by 011-391-1343 of besoek www.kruin-kerk.co.za
