DIE kore en revuegroepe van Laerskool Impala het vanjaar sommer ’n rits toekennings ingeryg.
Junior koor
l Tree op by die Tshwane Youth Arts Festival in die Staatsteater.
l Neem deel aan die televisiereeks Uitblinkers.
l Behaal A+ by Kemptonpark Kunswedstryd.
l Wen die Con Spirito-kompetisie.
Senior koor
l Tree op by die Tshwane Youth Arts Festival in die Staatsteater.
l Neem deel aan die televisiereeks Uitblinkers.
l Dring deur na die Sing in Harmonie-kompetisie se finaal as kykerskeuse.
l Itemwenners by Kemptonpark Kunswedstryd.
l Itemwenners by die Allegretto Kunswedstryd.
l Algehele laerskoolwenners by die Con Spirito-kompetisie met 98%.
Beide kore word deur Adri Nel begelei en die dirigent is Hanre Hattingh.
Junior revue
l Kunswedstrydwenners.
l Derde by 8 Beat-kompetisie.
l Dring deur en neem deel aan die finaal van die Kaleideo-kompetisie.
Senior revue
l Kunswedstrydwenners.
l Tweede by 8 Beat-kompetisie.
l Dring deur en neem deel aan die finaal van die Kaleideo-kompetisie.
l Verwerf tweede plek by die Suid-Afrikaanse kompetisie.