Twee groot sangers kom na Allenpark
Rig navrae aan Sarie Scheepers by 011-972-4220 of 083-627-5966
TWEE groot name in die Afrikaanse musiekbedryf tree die einde van die maand by Allenpark op.
Tobi Jooste bied op 25 Oktober om 9vm ‘n gratis konsert aan vir alle senior burgers van die stad.
Lees ook:
Jooste het onlangs sy nuutste album, Die Katedraal, vrygestel. By die geleentheid sal hy van sy nuwe liedere sing.
Op Saterdag, 29 Oktober om 10vm, bied Allenpark ‘n oggendtee aan saam met Rudi Muller. Muller is ‘n inheemse naam in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Gebore in Nigel, is dié liedjieskrywer al lank besig om naam te maak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.
Tetelestai, sy nuwe album, volg op sy kragtige gospel-debuut. Tetelestai is soveel meer as net ‘n geestelike album en sal jonk en oud oor en oor bekoor met eietydse, dog instrumentale aanslag.
Kaartjies is R80 en besprekings kan by Allenpark se ontvangs gedoen word. Die koste sluit ‘n ligte ete in.
Rig navrae aan Sarie Scheepers by 011-972-4220 of 083-627-5966.

