Local newsNews

Impies skenk rekord getal skoenbokse

Die Impies het saamgestaan om die projek te ondersteun

LAERSKOOL Impala het op 4 November 450 skoenbokse vir die Santa Shoebox-projek vir minderbevoorregte kinders geskenk.

Sodoende het die skool ook die rekord verbeter vir die meeste bokse wat tot op hede deur een skenker ingesamel is.

“Die skool wil Ernest Germishuizen en Petro Blignaut van DSV Global Transport and Logistics bedank vir die vragmotor wat hulle beskikbaar gestel het vir die aflewering van die bokse; die span by Hanrimed-apteek vir hul ruim ondersteuning en die personeel en leerders van Laerskool Impala wat so hard gewerk het,” het die skoolhoof, Theo Gouws, gesê.

a10bokse (Custom)
LAERSKOOL Impala se hoof, Theo Gouws, saam met Charné Fourie (onderwyseres) by van die bokse.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button