Local newsNews

Kemptonparkse leerders is tops in Alpha-wiskunde

Alpha-wiskunde wil die sprong tussen skoolwiskunde en universiteitswiskunde verklein

TYDENS die afgelope November-eksamen het twee leerders van Kemptonpark in die top 20 in Alpha-wiskunde in Suid-Afrika geëindig.

Francois Erasmus en Wouter Nel, albei van Hoërskool Kemptonpark, het onderskeidelik 96% en 95% behaal. Twee ander leerders het ook bo 90% behaal. Hulle is Ivan Eloff van Hoërskool Jeugland met 93% en Dané Broodryk van Hoërskool Kemptonpark met 91%.

Die ander presteerders was Ruben Cornelius van Hoërskool Jeugland met 88%, Rudolf Ernst van Hoërskool Kemptonpark met 87%, Christoff van Niekerk van Hoërskool Kemptonpark met 85%, Yuri Freislich van Hoërskool Jeugland met 81%, Chanté du Bruyn van Hoërskool Kemptonpark met 80% en Frans Moolman van Hoërskool Kemptonpark met 80%.

Alpha-wiskunde (voorheen addisionele wiskunde) is ’n buite-kurrikulêre vak wat aangebied word aan leerders met ’n besondere belangstelling in wiskunde. Alpha-wiskunde wil die sprong tussen skoolwiskunde en universiteitswiskunde verklein.

Leerders wat beoog om in studierigtings soos ingenieurswese, toegepaste wiskunde, rekenaarwetenskap en aktuariële en handelsrigtings te studeer, word deeglik voorberei vir verdere studie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Kempton Express in Google News and Top Stories.

Back to top button